Lys van diplomatieke missies van Suid-Afrika

Suid-Afrika se diplomatieke missies in die buiteland

Hierdie is 'n lys van diplomatieke missies van Suid-Afrika. Suid-Afrika het sy diplomatieke teenwoordigheid wêreldwyd, veral in Afrika, dramaties uitgebrei in die onmiddellike jare na die einde van apartheid. Dit was die enigste land wat ambassades gehad het in die verskillende tuisland state van Transkei, Venda, Bophuthatswana en Ciskei wat Suid-Afrika gevestig het. Dit was een van die min lande wat Taiwan as die Republiek van China erken het, maar eers in 1998 diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China aangeknoop.[1]

  1. "Taiwan loses a major ally". BBC News Online. 30 Desember 1997. Besoek op 7 Junie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search